Die Stilbaai Belangeforum (SBF) dra die belange van al die inwoners van Stilbaai en sy onmiddellike omgewing en nie net van belastingbetalers op die hart nie. Die inwoners sluit o.a. boere in. Die Stilbaai Belangeforum is egter nie verteenwoordigend van Jongensfontein en Melkhoutfontein se belasting- en tariefbetalers nie.

Weens die veranderende bedeling op die plaaslike owerheidsvlak in 2000 het die Hessequa Munisipaliteit en die Eden Distriks Munisipaliteit wesenlik die diensverskaffers van Stilbaai-inwoners geword. Nuwe kanale moes geskep word waardeur die belange van die inwoners van Stilbaai gedien kan word.

Huis- en grondeienaars het groot beleggings in Stilbaai en baie mense het gekies om hier hulle loopbane voort te sit. Dus het die inwoners van die Stilbaai-omgewing baie belang in die toekoms van die dorp en is dit nodig dat soveel lede as moontlik gewerf word om 'n verteenwoordigende forum daar te stel.

Inwoners (permanent en tydelik) van Stilbaai kan by die SBF aansluit en sodoende help om hulle eie belange te beskerm. Die ledegeld beloop tans R40 per jaar

Om 'n Aansoekvorm vir lidmaatskap aan te vra, klik asseblief HIER. .

This site is hosted and maintained by Webmakers. Last updated 22 January 2012
Webmakers, a division of Bartholomew Consulting (Pty) Ltd.